Thursday 2 December 2010

Bridging the Kindle Digital Divide in South Africa – My third Afrikaans Post

Intro = English
Content = Afrikaans

As I tell everyone I know about my Amazon Kindle, a few people have approached me for more information before acquiring their own Kindles. Mostly it is some of my IRL friends, who are not very IT or WEB savvy. I have written them the simple instructions below, indicating how I optimised My Kindle Experience so that I can  - in South Africa - have the same benefits as someone in the USA and NOT PAY MORE (Kindle books are more expensive here in SA), but if you follow these steps below, you can save a lot of money and read a much wider selection than what is available in the Amazon store. Example – George Bush’s new book cost $21 if your Kindle is registered to a SA address and $9 (NOT that I want it for FREE) if registered to an address in the USA. (How are we ever going to bridge the digital fucking divide if companies schnaai us Africans like this!?). Prolly the Publishers fault and NOT Amazon's...  So here goes:

Ek het redelik die storie nagevors voor ek myne gekoop het, en my grootste bekommernis was dat ek net Amazon e-boeke op dit sal kan lees, en dat ek ook weens Uitgewers regte nie alle Amazon boeke in Suid-Afrika kan aflaai nie. Ek het die volgende raad gevolg en dit het baie goed gewerk. (Daar is steeds baie baie baie beskikbaar op Amazon, maar as jy soos ek is, wil ‘n mens nie ingeperk voel nie.)

1. In die proses om jou Kindle se unieke reeksnommer op jou naam te registreer op Amazon se webtuiste – gebruik ‘n adres in die VSA. Ek het sommer vir $10 (STANDARD OPTION) vir myself ‘n adres in Amerika gekoop by ‘n aanlyn-inkopiediens (MyUS) wat dit doen vir mense wat buite Amerika woon, maar goed vandaar wil bestel (veral ondat ons op plekkie soos hier in SA nie ons eie posdiens kan vertrou nie). Ek het die adres gebruik en toe my Kindle met die adres geregistreer. Onthou as jy dan ‘n soektog doen met die rekenaar op Amazon, om die land in die linker boonste hoek se aftreklys-hokkie te verander vanaf Africa na ‘USA’. Die voordeel dan is dat jy uit meer boeke kan kies op die Amazon webtuiste en dat hulle boonop beduidend goedkoper is EN dat jy toegang dan tot hulle gratis boeke ook het. As jy op jou rekenaar hierdie proses gevolg het, is jy dan in staat om direk van jou Kindle af boeke te koop op Amazon se webtuiste.

2. Indien jy direk vanaf jou Kindle wil boeke op Amazon koop moet jy ook jou kredietkaart details op Amazon registreer. Dit is ‘n aparte registrasie proses, en daar kan jy jou plaaslike SA adres gebruik.

3. Die Amazon Kindle gebruik hulle eie unieke eienskap e-boek formate. Soos ‘n Word dokument eindig met .doc en excel met .xls en Adobe met .pdf eindig Amazon s’n met oa. .mobi. Plekke soos Kalahari se e-boeke is weer ‘n ander formaat bv. .EPUB. As jy boeke op ‘n ander plek as Amazon wil koop (of gratis aflaai) kan jy dit nie direk op jou Kindle doen nie. Jy moet dit eers op jou rekenaar laai, die formaat verander en dan die Kindle se kabel gebruik om dit aan jou rekenaar to konnekteer en van die rekenaar na die Kindle oor te laai. (Dis in elke geval hoe al die ander e-boek lesers soos SONY s’n werk) Daar is ‘n programmetjie wat jy van die internet moet aflaai wat enige e-boek formaat na enige ander e-boek formaat kan omskakel – Calibre

Die Calibre programmetjie werk regtig baie goed en het selfs ‘n grootmaat omskakelings funksie. Ek het ‘n ruk terug 1000 wetenskapsfiksie e-boeke op ‘n data geheuestokkie by ‘n vriend gekry en op ‘n Saterdag middag die hele spul deur Calibre gejaag (of gedrentel, want dit het die hele middag geneem op my super-stadige skootrekenaar. Maar enkel boeke vat darem net ‘n paar minute). Die proses stel ‘n mens dan in staat om selfs Afrikaanse boeke by Kalahari.net te koop, om te skakel en dan op jou Kindle te lees.

Onthou ook om Amazon se Kindle for PC af te laai. Dit skep dan outomaties ‘n “my kindle content” leêr binne jou “my documents” leêr op jou rekenaar waarin al die boeke wat op jou Kindle toestel is, ook op jou rekenaar gestoor word. Jy hoef dit nie eers oor te kopieër nie, maak net die Kindle for PC oop en kliek op ‘Archived Items’ en jy sal ‘n lys kry met al die boeke wat jy reeds op Amazon gekoop het. As op die individuele boeke kliek sal dit op jou rekenaar aflaai, jy kan dit op jou rekenaar lees en dit word in genoemde leêr gestoor. Ek lees nie graag boeke op die rekenaar nie – maar dit kom nuttig te pas as jy nie die Kindle toestel by jou het nie en jy wil net gou iets check.

Nou ja, ek weet die meeste bloggers is vaardig op die web en met allerhande tegniese foefies soos e-lesers, maar ek hoop hierdie post help iemand wat nie is nie, en wat ook die maksimum gebruik uit hulle kindle wil kry.

No comments: